Duduza-tornado: Seun (8) sterf
2011-10-03 11:00
Johannesburg – 'n Agtjarige seun is dood en 166 mense is beseer nadat 'n tornado Duduza, buite Nigel getref het, het 'n beampte van die Ekurhuleni-munisipaliteit gesê.
Justice Mohale het in 'n verklaring gesê 166 mense is behandel en na verskeie hospitale soos Pholosong in Tsakane en Far East Rand-hospitaal in Springs geneem.
"Die tornado het verwoesting gesaai in Masechaba Extension 2 in Duduza. 'n Agtjarige seun is dood en meer as 150 huise is verwoes."
Kraglyne en bome is Sondag tydens die storm uitgeruk.
Mondli Gungubele, uitvoerende burgemeester van Ekurhuleni, sal die media Maandagoggend toespreek.
– Is jy in die omgewing? Stuur jou foto's aan Nuus24.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA