Drukgroepe maak ANC 'korrup' – Phosa
2012-08-05 10:40
Johannesburg – ANC-lede wat druk uitoefen op die party se takke oor ‘n verandering in leierskap is besig om die beweging korrup te maak, het Mathews Phosa, die ANC tesourier-generaal, aan die Sunday Times gesê.
“Drukgroepe is die korrupte siel van die beweging... ons moet spasie laat vir die takke om benoemings in Oktober te maak. ANC-beleide is duidelik,” het hy gesê in ‘n onderhoud met die koerant.
“Takke van die ANC skuld ons nie ‘n tweede termyn nie... Hulle skuld ons ‘n behoorlik assessering van die situasie en [moet dan] besluit wat is in die land se beste belang.
Hy sê die takke moet die tyd voor die benoemings gebruik om te assesseer hoe die party se leierskap gevaar het, eerder as om na drukgroepe te luister.
“Hulle moet ons nou assesseer [en] hulle moet aangemoedig word om ons te assesseer. Hulle kan ons nie in Oktober begin assesseer wanneer hulle benoemings moet maak nie,” het Phosa gesê.
Die Sunday Times berig dat lede wat ‘n tweede termyn vir pres. Jacob Zuma teenstaan ‘n lys kandidate vrygestel het van die ANC se top-ses posisies, wat teen die party se protokol gaan.
Die lys sluit in adjunk-president Kgalema Motlanthe as die party se president, met Tokio Sexwale, die minister van behuising, as sy adjunk.
Die ANC se verkiesingskonferensie word in Desember in Mangaung gehou.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA