Dronk vrou vloek verkeersbeampte
2010-01-13 23:03
Johannesburg - ‘n Vrou (46) is in hegtenis geneem nadat sy amper in ‘n verkeersbeampte vasgery en hom toe beledig het.
Sy het klaarblyklik roekeloos bestuur en was dronk.
Volgens die verkeersbeampte was sy ook besig om op haar selfoon te praat terwyl sy bestuur het.
Sy het geweier om te stop toe die beampte haar wou aftrek naby die Empire Straat afdraai op die N1, het hoof-superintendent Wayne Minnaar gesê.
“Drie vroulike offisiere het voor haar kar gestaan, maar sy’t amper in ‘n patrollie motor vasgery en nouliks een van die offisiere gemis.
“Sy het ook op die offisiere gevloek en die k-woord gebruik.”
Blykbaar moes die verkeersbeamptes haar wiele stukkend skiet om haar tot stilstand te bring.
Sy word aangekla van dronkbestuur, crimen injuria, poging tot moord en roekelose bestuur.
- Sapa