Dronk regter kry R5 milj. vir by die huis sit

2011-05-24 09:53
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – R4 676 336. Dít is hoeveel die veroordeelde regter Nkola Motata oor die afgelope vier jaar betaal is ten spyte van die feit dat hy nie by die werk is nie, het The Star Dinsdag berig.

Jeff Radebe, minister van justisie, het in 'n geskrewe parlementêre antwoord aan die Cope-LP Dirk Feldman gesê hy is van mening dat Motata op spesiale verlof moet bly met volle vergoeding tot die Regterlike Dienskommissie (RDK) sy ondersoek na bewerings van wangedrag teen hom afgehandel het.

Indien die RDK nie sy ondersoek teen Februarie aanstaande jaar, wanneer Motata aftree, afhandel nie, kan hy op die volle salaris van 'n regter aftree.

Motata het in Januarie 2007 sy Jaguar deur die muur van Richard Baird, 'n sakeman, se huis in Hurlingham, Randburg geploeg.

Hy is in 2009 in die Johannesburgse hooggeregshof skuldig bevind op aanklag van dronkbestuur en 'n boete van R20 000 of 12 maande tronkstraf opgelê.

In 2007 het 'n regter jaarliks R739 497 verdien en teen 2010 het dié bedrag tot R1 385 013 gestyg.

Feldman het geëis dat Motata bedank en gesê hy is "diep bekommerd" dat sy verlof verleng is. Hy het gevra dat die RDK "'n voorbeeld stel" en "die lyn trek".

"Dit is verkeerd. Een van my grootste bekommernisse is dat die belastingbetaler sy salaris betaal, terwyl hy by die huis is en niks doen nie."

Athol Trollip, die DA se parlementêre leier, het gesê hoewel die reg sy gang moet gaan, is dit 'n "kommerwekkende fenomeen" dat beamptes wat uit die publieke beursie betaal word, toegelaat word om vir 'n onbepaalde tydperk 'n maandelikse salaris te ontvang.

Lees meer hier

Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: nkola motata  |  rdk

Lewer kommentaar op hierdie artikel
59 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Lyk vir my elke mall in die land kry 'n beurt om 'n kleintjie in nood te laat red Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2007
R 255,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

JEEP

Grand Cherokee Limited 4.0 4x4 AT MY99
1998
R 55,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.