‘Dronk’ polisieman skel toe padvalk hom wou arresteer

2010-03-15 08:09
Tweets Share Share line Print

Daniëlla du Plooy, Beeld

Johannesburg - ’n “Aggressiewe, dronk” polisieman het ’n vrouelid van die metropolisie eergisteraand glo onder meer “’n f****n teef” genoem toe sy probeer het om hom in hegtenis te neem.

Op klankgrepe, wat deur ’n lid van die publiek geneem en na die teenmisdaadnetwerk eBlockwatch gestuur is, kan duidelik gehoor word hoe die man onder meer sê: “Dis verby, dis f****n verby! Ek’s al 20 jaar in hierdie besigheid f** jou, teef!”

Dié beampte, wat na verneem word ’n lid is van die polisie se trio-taakspan, het Saterdagaand in ’n ongemerkte ampsmotor in Eagles Nest, in die suide van Johannesburg, met sy noodligte aan gery.

Volgens Justi Sasser (33) het hy net ná 20:00 in die straat buite sy huis gestaan toe hy die motor sien aankom.

“Hy het baie, baie stadig gery met die noodligte aan. Ek het gewys hy moet stilhou, want ek het gedink iets is verkeerd. Die man het toe uitgeklim – hy was so dronk dat hy dadelik op die teer neergeslaan het.”

Sasser het toe die metropolisielid, wat by hom loseer, gebel sodat sy hom kan arresteer. Hy het ook eBlockwatch se “swart boks”-diens gebel waar ’n oproep outomaties opgeneem word om later as bewyse te kan dien.

Volgens Sasser was die metropolisiebeampte gou op die toneel.

“Die man was egter so aggressief dat sy hom moes boei. Toe sy in sy motor kyk, het sy gesien daar is noodligte, polisieradio-toerusting en selfs ’n klomp dossiere wat in die motor lê.”

Volgens hom het die polisiebeampte deurgaans gevloek en die beampte ook onder meer ’n “f****n k**lie” genoem.

“Hy was regtig báie dronk. Hy het die heeltyd gepraat oor hoe lank hy al vir die polisie werk ensovoorts. Hy het ook gespog dat hy al meer as 1 000 mense gearresteer het.

“Hy het later dreigend geraak en ook gesê ek kan sy ‘swart gat’ soen (You can kiss my black ass).”

Op Sasser se opname kan gehoor word hoe die man in ’n stadium in Afrikaans sê: “Hulle wil my toemaak ... ek’s ’n poliesman, my bru ... by die trio-task team ... that’s how bad I am.”

Die metropolisielid het hom eindelik in die motor gekry en na die metropolisie se kantoor in die middestad geneem, waar hulle volgens Sasser bloedalkoholmonsters geneem het.

“Die diens daar was baie goed. Al die ander metropolisielede het gesê so ’n ou gee hulle almal ’n slegte naam.”

Vandaar het hulle na die Mondeor-polisiekantoor gery waar Sasser ’n verklaring afgelê het en die man na die selle geneem is.

Insp. Katlego Mogale, Gautengse polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê die polisielid word aangekla van dronk- en roekelose of nalatige bestuur.

Hy verskyn na verwagting vandag in die Johannesburgse landdroshof. 

Só werk eBlockwatch se ‘swart boks’

Die teenmisdaadnetwerk eBlockwatch het onlangs die “swart boks”-stelsel begin as deel van hulle “Policing the Police”-program.

Lede van eBlockwatch kan 082 236 0003 skakel as hulle moontlik deur metro- of polisielede omgekoop word, in ’n gevaarsituasie is of selfs deur mense wat hulle voordoen as polisie voorgekeer word.

Die hele oproep word dan opgeneem en kan, soos in Sasser se geval, as bewyse dien.

Sasser het in dié oproep sy detail gelys, sowel as die nommerplaat van die betrokke polisiebeampte se motor.

– Luister hieronder na die klankgreep. Meer inligting by www.eblockwatch.co.za.


 

- Beeld


Lees meer oor: hof  |  sapd  |  dronkbestuur

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Lyk vir my elke mall in die land kry 'n beurt om 'n kleintjie in nood te laat red Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2007
R 255,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

JEEP

Grand Cherokee Limited 4.0 4x4 AT MY99
1998
R 55,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.