Dronk kinders versuur Kansa-dag

2011-03-15 09:08
Tweets Share Share line Print

Welkom - Die vierde Kansa-Aflos vir die Lewe wat die afgelope naweek in Welkom gehou is, is versuur deur dronk skoolkinders wat na bewering selfs tydens die emosionele kersligseremonie vir afgestorwenes kos en ander besittings by kraampies en uit ander mense se koelhouers gesteel het.

Ondanks die sukses van die nag-lange afloswedloop, die grootste wêreldwye geldinsamelingsprojek vir kanker, gaan die bestuur voortaan skoolspanne verbied.

Marzaan Venter, Kansa se projekkoördineerder, sê die polisie is Saterdagnag vier keer uitgeroep na die Welkom-klub, waar die afloswedloop aangebied is.

Die polisie, sekuriteitsbeamptes en bestuur kon nie die kinders van verskeie Welkomse skole keer nie. Die kinders het drie hekke oopgedwing en oor die heining geklim het.

Sy sê talle sakke is deurgesoek en daar is op baie drank beslag gelê, maar ander bottels vol drank is weer net oor die heinings na binne gegooi.

Die oppassers van die oortreders kon nie deur Kansa se bestuur in die hande gekry word nie.

Voordat mense wat kanker oorkom het aan die begin van die aand die eerste “oorwinningsronde” om die baan gestap het, was daar reeds afkondigings dat drank en dronk mense nie op die baan toegelaat word nie.

Skoolhoofde van die betrokke skole sal nou gekontak word en briewe sal deur Kansa aan die skole gestuur word.

Venter sê mense was geskok en ontsteld en talle het aangedui dat hulle nie weer die byeenkoms gaan ondersteun nie.

“Dit is nie al die skole se kinders wat hul wangedra het nie. Daar was skoolspanne in skooldrag wat werklik by die reëls gehou het. Hulle het ook ouers en onderwysers gehad wat hulle opgepas het en het selfs die volgende oggend gehelp opruim. Die volgende Aflos vir die Lewe, as daar weer een gaan wees, sal ’n korporatiewe geleentheid wees met geen skoolspanne nie en geen jeugdige sal sonder toesig by die hekke ingelaat word nie.”

Venter bied verskoning aan almal wat hul kant gebring het om van die aflos ’n sukses te maak. Sy belowe dat só iets nie weer sal gebeur nie.

Altesaam 105 ingeskrewe spanne het die naweek aan die Welkom-aflosbyeenkoms deelgeneem en nog 2 571 ander mense het dit amptelik bygewoon.


- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Lyk vir my elke mall in die land kry 'n beurt om 'n kleintjie in nood te laat red Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2007
R 255,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

JEEP

Grand Cherokee Limited 4.0 4x4 AT MY99
1998
R 55,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.