Dronk hawelose verdrink in getypoel
2011-12-26 10:03
Kaapstad – 'n Hawelose man van ongeveer 60 jaar oud het by die Dalebrook-getypoel in Kaapstad verdrink, het die stad se rampbestuursentrum Maandag gesê.
Die man het glo terwyl hy Sondag geswem het skielik begin hyg na asem, het die hoof van die sentrum, Wilfred Solomons-Johannes, gesê. Vriende en omstanders het hom daarna uit die poel getrek.
Die man het begin braak toe hy aan wal kom en is om 14:00 dood.
Die voorval het by die getypoel tussen St James en Kalkbaai plaasgevind.
Solomons-Johannes sê mense by die getypoel het aan beamptes gesê die man was dronk voor hy begin swem het.
Die man was ongeveer 60 jaar oud. Hy was glo dakloos en het agter die Wynberg-landdroshof geslaap.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA