Dringende ondersoek kom oor mediese afval

2010-01-23 10:36
Tweets Share Share line Print

Sandra Coetzee

Bloemfontein - ’n Dringende strafregtelike ondersoek is begin na bewerings van tonne gevaarlike mediese afval van hospitale in die noordelike provinsies sowel as die Vrystaat en Noord-Kaap wat glo op ’n onveilige en onwettige wyse gehanteer is.

Die Groen Skerpioene in Booysens in Johannesburg het ’n ondersoek na Psychem Waste Solutions, ’n verwyderaar van mediese afval, ingestel nadat onwettige gebergde mediese afval glo by ’n perseel in Johannesburg gekry is.

Mnr. Albi Modise, hoofdirekteur van kommunikasie van die departement van omgewingsake in Pretoria, het aan Volksblad bevestig dat die departement eers in die nuwe jaar bewus geword het van die probleme rondom Psychem Waste Solutions rakende bewerings van onwettige berging van mediese afval en ander beweerde oortredings van regulasies.

’n Strafregtelike klag is reeds geregistreer by die Booysens-polisiestasie in Johannesburg.

Volgens Modise het die ondersoek deur die Groen Skerpioene op 8 Januarie op ’n perseel in Booysens begin.

“Psychem het toe stappe gedoen om dringend die onwettige gebergde afval te vernietig en sertifikate van veilige vernietiging aan die departement verskaf,” sê Modise.

Psychem se optrede oor die feestyd word bevraagteken nadat daar glo ’n agterstand in die verwydering van tonne mediese afval by onder meer etlike hospitale in die Vrystaat, Noord-Kaap, Gauteng ontstaan het. Dit was die gevolg van maatskappye met verbrandingsoonde wat weens agterstallige rekenings geweier het om Psychem se afval te vernietig.

In die Vrystaat bedien Psychem 24 hospitale. Maandeliks word meer as 32 ton mediese afval by dié plekke alleen afgehaal.

Die een diensverskaffer is glo nog dié week R4 miljoen geskuld.

Psychem het glo ’n diensverskaffer in Johannesburg gekry om die afval te vernietig, nadat Psychem eers geld moes deponeer.

Na verneem word, is van die afval van die Vrystaat na Johannesburg vervoer om vernietig te word. Dit is nog onbekend of al die mediese afval van die Vrystaat en Noord-Kaap vernietig is.

Kragtens regulasies moet mediese afval ná die ontvangstyd in ’n warm klimaat binne 48 uur vernietig word. As daar koelkamers is waarin afval teen ’n temperatuur van -2 grade Celcius geberg word, kan dit langer geberg word.

Dit was egter glo nie die geval by Psychem nie. Foto’s aan Volksblad verskaf, wys waar mediese afval – waaronder patologiese en besmetlike afval – agter in ’n perseel in onaanvaarbare houers geberg word.

Volksblad se navraag aan Ludwig Hartmann en Suzette Hartmann, eienaars van Psychem, is summier met ’n prokureursbrief beantwoord.

Psychem sê hy gaan voort om afval te berg en vernietig soos hy kontraktueel verbind is, en binne die toelaatbare maatreëls.

Psychemhet geweier omVolksblad se vrae oor sy finansiële situasie te beantwoord omdat dit “nie van openbare belang” is nie.

Toe Volksblad se verslaggewer daarop wys dat die saak wel van openbare belang is omdat Psychem met belastingbetalers se geld betaal word en die beweerde onwettige berging van mediese afval risiko’s vir mense en die omgewing kan inhou, is die koerant gedreig met ’n hofbevel dat geen onware en skadelike bewerings gepubliseer mag word nie.

Psychem se prokureurs het gister teen druktyd nog nie aan Volksblad die naam van die diensleweraar verskaf wat die Vrystaat en Noord-Kaap se mediese afval oor die feestyd vernietig het nie, hoewel die navraag reeds Woensdag gerig is.

Hulle het ook nie terugvoer gegee om die inhoud van die foto’s te verduidelik nie.

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: korrupsie  |  misdade

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Jaque Herman sê... Ag shame!!! LoL 'Traumatized'?? LoL What you give,you'll receive. Whites are tired of black arrogance and black parasites. Incidents like this will only increase. Blacks hate whites and blame whites for everything, yet when we return the favour they cry and are 'traumatized'. LoL Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior C++/ Java Developer - Pricing and Risk – R400 per hour

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R768000

Operational Risk Analyst

Johannesburg, South Africa
Communicate Bruma Finance Human Capital
Market Related

Portfolio Manager

Bloemfontein, South Africa
Hutech International Group
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 129,837.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.