Driepunt-plan in stryd teen MIV/vigs

2009-12-01 08:10
Tweets Share Share line Print

Elsabé Brits

Kaapstad - Die stryd teen MIV/vigs in die Wes-Kaap word na ’n hoër vlak geneem met die aankondiging van drie nuwe inisiatiewe om mense met die siekte gouer op te spoor en te behandel.

Dié aankondiging is gister, voor Wêreld-vigsdag vandag, deur Theuns Botha, Wes-Kaapse minister van gesondheid, gedoen.

Hy het op ’n nuuskonferensie gesê mense in die Wes-Kaap sal voort­aan antiretrovirale middels (ARM’s) ontvang wanneer hul CD4-telling laer as 350 is, en nie meer 200 nie. Alle MIV-positiewe babas jonger as een jaar sal ARM’s kry, ongeag wat hul CD4-telling is.

Na raming sal 50 000 bykomende pasiënte eenmalig op dié behandeling geplaas moet word en daarna sowat 20 000 per jaar.

Hoewel nie alle pasiënte altyd die behandeling vra nie, word daar voorspel dat tussen 6 000 en 20 000 bykomende mense in die Wes-Kaap ARM’s sal benodig. Dit sal sowat R16 miljoen kos.

“Ek sou nie die aankondiging gedoen het as ek nie baie seker was dat ons die geld sal kry nie,” het Botha gesê. Hy het die nasionale regering en die private sektor genader vir geld.

Tans kry 70% tot 80% van die mense in die Wes-Kaap wat die medisyne benodig dit. Elke maand kom daar tussen 1 500 en 1 800 nuwe pasiënte by wat ARM’s kry.

Roetine-toetsing vir MIV sal as standaardsorg beskikbaar wees by alle openbare gesondheidsinstellings in die Wes-Kaap. Tans word toetse net vrywillig gedoen en mense moet daarvoor vra; dit word nie aangebied nie.

“Daar is geen plan om MIV-toetse verpligtend te maak nie, maar die klem het verskuif van konvensionele, vrywillige MIV-berading en toetsing na ’n roetine-aanbod. Die pasiënt kan nee sê.”

Prof. Keith Househam, Wes-Kaapse hoof van gesondheid, het gesê dit beteken die sowat 5 miljoen mense wat jaarliks die provinsie se gesondheidsinstellings besoek, gaan nie meer net deur die stelsel vloei “sonder om die opsie van ’n toets gegee te word” nie.

Pasiënte sal steeds ná die toets berading kry, ongeag of hulle positief of negatief toets.

Die oordrag van MIV tussen ma en baba in die Wes-Kaap is 4%, die laagste in die land, en die provinsie wil dit heeltemal uitwis.

Gedurende die ma se swangerskap en geboorte ontvang die ma en baba tans twee ARM’s. Die provinsiale gesondheidsdepartement gaan dit verhoog na drie.

Al drie inisiatiewe sal binne die volgende jaar deurgevoer word. Botha het gesê hy hoop dit sal teen die begin van 2011 ten volle in werking wees. Volgens hom is die inisiatiewe nodig sodat daar binne vyf tot tien jaar werklik ’n verskil gemaak kan word in die stryd teen MIV/vigs.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: miv/vigs

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Trading sê... Na Kuba vir die SWAKSTE standaard van mediese opleiding ter wêreld !! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2007
R 255,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

JEEP

Grand Cherokee Limited 4.0 4x4 AT MY99
1998
R 55,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.