Drieling in winkelsentrum-toilet gebore
2010-02-03 16:24
Kaapstad- 'n Winkelsentrum was 'n miernes van bedrywigheid ná 'n vrou in 'n toilet in dié sentrum aan 'n drieling geboorte geskenk het.
Mense het na die winkelsentrum gestroom om die vrou te sien.
Die geboorte was onverwags omdat die vrou eers oor twee maande moes kraam en het nie geweet dat sy drie kinders verwag nie.
Die 22-jarige Alvina van Wyk het Dinsdagoggend kort ná sy by die werk by die Shoprite-winkelsentrum in Kuilsrivier aangekom het, gekraam.
Van Wyk, wat nog 'n nege maande oue baba het, en haar drie seuns sterk aan in die hospitaal.
– iol