Driejarige wat deur pa geskiet is, stabiel
2012-01-01 17:56
Johannesburg – ‘n Driejarige meisie is in ‘n stabiele toestand nadat sy deur haar pa, ‘n polisiebeampte van Pretoria, geskiet is, het die polisie in Gauteng Sondag gesê.
Die man het sy vrou en drie maande oue seuntjie doodgeskiet, waarna hy homself om die lewe gebring het.
Kapt. Pinky Tsinyane het gesê die meisie se toestand het verbeter sedert sy Saterdagoggend by die Netcare Garden City Hospitaal opgeneem is.
Die meisie is nou stabiel, maar dit is nog nie bekend wanneer sy ontslaan sal word nie. Haar familielede was Sondag by die hospitaal.
Die meisie is die enigste oorlewende ná die moorde en selfmoord wat Saterdag in West Park plaasgevind het.
Tsinyane het gesê die ondersoek in die skietery duur steeds voort en die motief agter die misdaad moet nog vasgestel word.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA