Driejarige val na haar dood in Hillbrow
2011-12-10 18:56
Johannesburg – 'n Driejarige meisie is op slag dood toe sy Saterdagmiddag nege vloere uit 'n gebou in Hillbrow geval het, het Johannesburgse nooddienste gesê.
Synock Matobako, 'n woordvoerder, het gesê die ma was op die toneel op die hoek van Banket- en Goldreichstraat.
Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie.
"Soos die feesseisoen nader kom sien ons al hoe meer insidente waarby kinders betrokke is," het Matobako gesê.
"Ons doen 'n beroep op ouers om seker te maak hulle kinders het altyd die nodige toesig."
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA