Driejarige sterf in brand
2011-11-09 17:35
Johannesburg – ‘n Driejarige seun het Woensdag gesterf in ‘n sinkhuis-brand in Ikageng naby Potchefstroom in Noordwes, het paramedici gesê.
Die seun se ma het die sinkhuis verlaat om wasgoed te doen, het Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
“Sy het na die struktuur teruggekeer en gesien dat dit heeltemal deur vlamme verswelg is.”
Nooddienste is na die toneel uitgeroep en die brand is omstreeks 14:00 geblus.
Die seun se verkoolde lyk is binne die sinkhuis gevind. Hy het blykbaar met ‘n boksie vuurhoutjies gespeel.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA