Driejarige brand sy ouerhuis af

2011-07-07 08:54
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Driejarige seuntjie se ouerhuis in Springs het afgebrand nadat hy ’n aansteker in vermoedelik sy pa se hangkas gevind het en ’n broek daarmee aan die brand gesteek het.

Die kleuter se gesin het sowat ’n maand gelede van Port Shepstone na Springs getrek.

Die pa, wat nie hul name wil bekend maak nie om die kleuter te beskerm, het gesê sy vrou het die seuntjie Maandag omstreeks 13:00 by sy kleuterskool opgelaai en toe by hul huurhuis in Jacobstraat, New Estate Area, gaan aflaai.

Hul 14-jarige dogter sou haar boetie die res van die middag oppas.

“My dogter het my omstreeks 14:30 gebel om te sê daar is ’n brand in my slaapkamer,” het die 38-jarige pa gesê.

“Ek het haar gevra om dit te probeer blus, maar sy het gesê die vlamme is te groot en sy kan nie. Ek het toe vir haar gesê om haar broer te vat en dadelik uit die huis te vlug.”

Hy het toe sy vrou (36) gebel en gevra om die brandweer te ontbied, terwyl hy na die huis gejaag het. Volgens hom het dit hom tien minute geneem. Toe hy by die huis stilhou, was sy kinders in die sorg van sy buurvrou en was haar man besig om die vlamme met ’n brandblusser te probeer blus.

“Daar het swart rook orals by die huis uitgekom. Ek het by my buurman aangesluit en wou help, maar die vlamme het te vinnig deur die huis versprei. Ons het toe om die huis na my kinders se kamers gehardloop.”

Hulle het die vensters gebreek om by die kamers in te kom, maar hulle kon net die kinders se beddens en van hul klere daaruit kry voordat die vlamme dié deel van die huis bereik het. “Ons het alles verloor. Al ons besittings is verwoes, maar dit beteken niks in vergelyking met my kinders wat nog leef nie. Ek is baie dankbaar daarvoor.”

Die man beweer talle bure en sy vrou het die brandweer verskeie kere ontbied, maar hulle het eers sowat 45 minute later opgedaag. Die gesin het sedert die brand by vriende oorgeslaap en sal na verwagting Vrydag by ’n nuwe huis intrek.

Ao. Tommy Tomlinson, polisiewoordvoerder, het gesê die brandweer en polisie ondersoek die voorval.

Volg Nuus24 op Twitter.

 

- Beeld

Lees meer oor: brande

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Trading sê... Na Kuba vir die SWAKSTE standaard van mediese opleiding ter wêreld !! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2007
R 255,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

JEEP

Grand Cherokee Limited 4.0 4x4 AT MY99
1998
R 55,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.