Drie vroue deur vragmotor doodgery
2011-09-15 21:03
Johannesburg – Drie vroue is Donderdag dood en twee is beseer toe hulle deur vragmotor getref is in Potgieterstraat in Pretoria, het paramedici gesê.
“Die bestuurder het beheer oor die vragmotor verloor. Die vragmotor het tot op die sypaadjie beweeg en vyf vroue wat aan die kant van die pad gewag het, getref,” het Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
“Die vroue is toe vorentoe geslinger en die voertuig het oor hulle gery.”
Een vrou is in ‘n kritieke toestand en is in die hospitaal opgeneem. ‘n Tweede vrou is op die toneel behandel.
Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA