Drie verkool in Paarl-botsing
2011-07-22 11:08
Kaapstad – Drie mense is dood en 28 beseer in 'n trompop-botsing in die Paarl, het die Wes-Kaapse verkeersdepartement Vrydag gesê.
"'n Golf en 'n Mercedes Sprinter het op die tolpad tussen die Hugenote-tonnel en die tolplaza plaasgevind," het Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, gesê.
Drie mense in die Golf het verkool.
"Sommige van die beseerdes van die taxi kan kinders en babas wees," het Africa gesê.
Die N1 uitgaande by die Hugenote-tonnel is vir verkeer gesluit.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA