Drie veg saam teen inligtingswet

2011-12-01 07:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Daar was nog nooit ’n tyd in die 17 jaar van demokrasie in Suid-Afrika dat mense só saamgestaan het vir ’n gemeenskaplike doel nie.

So het Mondli Makhanya, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef), Woensdag op ’n nuuskonferensie in Johannesburg oor die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting gesê.

Sanef, wat sterk gekant is teen die wetsontwerp, het op ’n vergadering met die vakverbond Cosatu en die organisasie Right2Know met ’n sewepunt-plan vorendag gekom om die wetsontwerp teen te staan.

Dit sluit in dat die bogenoemde groepe saam sal begin met opvoeding oor wat die wetsontwerp behels, die publiek daarvan bewus maak, planne vir ’n moontlike versoekskrif maak, in Januarie ’n slypskool oor die onderwerp hou, met aktivisme teen die wetsontwerp begin en gesprekke oor die regskwessies van die saak lei.

Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het op die nuuskonferensie gesê eers as al die bogenoemde pogings nie slaag nie, sal hulle ’n optog na die Uniegebou in Pretoria reël. Met dié optog sal hulle ’n beroep op pres. Jacob Zuma doen om nie die wetsontwerp te onderteken nie.

“Ons is nie teen die regering of die ANC nie, maar ons wil ’n oop en deursigtige samelewing en publiek hê wat ingelig is,” het Vavi gesê.

Volgens Dale McKinley van Right2Know is dit belangrik dat gewone mense se stemme oor die wetsontwerp gehoor word.

“Die meeste Suid-Afrikaners weet nie wat in die wet staan nie en dit sluit sommige van die skrywers van die wet in.”

Nic Dawes, voorsitter van Sanef se komitee vir mediavryheid en redakteur van Mail & Guardian, het gesê die wet sal die vloei van inligting tussen verskillende kanale “verstop”, nie net wat die media betref nie, maar ook tussen regeringsinstansies.

Volgens hom is daar baie probleme met die wetsontwerp in sy huidige vorm, waarvan die gebrek aan ’n verweer van openbare belang net een is.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n webblad geskep waar mense direk ’n e-pos aan Zuma oor die wetsontwerp kan stuur. Binne 24 uur was daar reeds 5 000 e-posse.

The New York Times het Woensdag berig dat die demokrasie van Suid-Afrika in gevaar is, berig Sapa.

Makhanya is vasbeslote dat hulle die wetsontwerp sal beveg. “Ons wil vir die ANC en regering sê: ‘Julle kan nie aan die verkeerde kant van die Grondwet, die Vryheidsmanifes en die openbare mening wees nie.’”

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: inligtingswet  |  media

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Trading sê... Na Kuba vir die SWAKSTE standaard van mediese opleiding ter wêreld !! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2007
R 255,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

JEEP

Grand Cherokee Limited 4.0 4x4 AT MY99
1998
R 55,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.