Drie vas wat R1m se sigarette smokkel
2011-09-12 17:57
Johannesburg – Drie mans is in Musina in hegtenis geneem vir die smokkel van sigarette ter waarde van sowat R1 miljoen uit Zimbabwe, het die polisie in Limpopo Maandag gesê.
Die mans, onderskeidelik 43, 44 en 57 jaar oud, is Sondag omstreeks 01:00 voorgekeer toe hulle die sigarette met Mandalaweg langs vervoer het, het lt. kol. Mohale Ramatseba gesê.
Drie voertuie – twee Toyota Quantum-bakkies en ‘n Toyota Hilux, is gekonfiskeer. Ander mans wat vermoedelik saam met die mans wat die sigarette gesmokkel het was, het te voet gevlug.
“Die eienaars van die voertuie sal ook na verwagting binnekort in hegtenis geneem word.”
Die drie mans, waarvan twee Zimbabwiërs en een ‘n Suid-Afrikaner is, sal Maandag in die Musina-landdroshof verskyn, het Ramatseba gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA