Drie vas vir motordiefstal in Pta
2011-08-18 15:32
Pretoria – Drie mans is in Nellmapius in die ooste van Pretoria in hegtenis geneem nadat gesteelde motors in hul besit gevind is, het die polisie Donderdag gesê.
Kapt. Jan Sepato, polisiewoordvoerder, het gesê die blitspatrollie het Woensdagaand 'n wenk ontvang en na 'n huis in Nellmapius gegaan waar vier motors gevind is.
Een van dié motors is in Witbank gesteel.
Die polisie het ook drie vuurwapens en ammunisie in die huis gevind.
Die mans, tussen die ouderdomme van 30 en 32, staan tereg op aanklagte van die besit van gesteelde voertuie en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA