Drie vas vir moord in KZN
2012-01-26 18:54
Johannesburg – Drie mans is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ‘n taverne-eienaar doodgemaak en sy neef geskiet het tydens ‘n rooftog in Entumeni Reserve, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
“Die verdagtes, tussen die ouderdomme van 20 en 21, sal aangekla word van die moord op Mziwenkosi Khanyile en poging tot moord op Bongani Khanyile,” het kapt. Thulani Zwane gesê.
Die Khanyiles is op 10 Januarie geskiet deur vyf gewapende mans in Vuma Reserve, Eshowe. Die mans sal Vrydag in die Eshowe-landdroshof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA