Drie vas vir gesteelde goedere
2010-10-19 14:12
Johannesburg – Drie mans in hul twintigs in Dinsdag in Katlehong in hegtenis geneem omdat hulle glo in besit van ‘n gesteelde bakkie, skootrekenaar en vuurwapen was, het polisie gesê.
Kapt. Mega Ndobe het gesê dat polisie in Nhalapho gepatrolleer het toe hulle drie mans langs ‘n Opel Corsa sien staan het.
Hulle het die mans deursoek en ‘n skootrekenaar, ongelisensieerde vuurwapen, ammunisie en motorsleutels gevind.
Hulle het hierdie items en die bakkie verbind met ‘n inbraak by ‘n huis in Thokoza Maandagaand en die drie mans is in hegtenis geneem.
Hulle sal binnekort in die Germiston landdroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA