Drie vas vir diefstal
2011-06-25 23:02
Johannesburg – Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle ‘n besigheid in Devland, Diepkloof beroof het, het die polisie in Gauteng Saterdag gesê.
Volgens luit. kol. Tshisikhawe Ndou was die polisie besig om in die omgewing te patrolleer toe hulle ‘n man agter ‘n maroen BMW gesien hardloop het.
Die polisie het dit reggekry om die voertuig te stop en te deursoek.
“Drie verdagtes tussen die ouderdomme van 30 en 35 in gearresteer. Twee 9 mm vuurwapens asook kruideniersware wat van die besigheid gesteel was is in die verdagtes se besit gevind,” het Ndou gesê.
Die mans sal na verwagting Maandag in die Diepkloof landdroshof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA