Drie vas vir die aanranding van bejaarde
2010-02-24 04:41
Kaapstad – Drie jeugdiges is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hulle glo ’n bejaarde vrou in Sedgefield gesteek en beroof het, het die Wes-Kaapse polisie gesê.
"Anne Robb (80) het Maandag ernstige steekwonde gedurende die rooftog opgedoen,” het kapt. Malcolm Pojie gesê.
"Elektriese instrumente, insluitend ‘n skootrekenaar is in die verdagtes se besit gekry.”
Die verdagtes is tussen 14- en 17-jaar oud.
Die vrou is tans in die intensiewe sorgeenheid in Knysna se private hospitaal.
Die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Knysna-landdroshof verskyn.
-Sapa