Drie vas vir Hibberdene-moord

2010-07-23 09:07
Tweets Share Share line Print

Durban – Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat die lyke van ‘n bejaarde egpaar in Hibberdene agter in hul eie motor gevind is, het die polisie in KwaZulu-Natal Vrydag gesê.

“Drie mans is Donderdag in verband met die moorde op Christopher en Jennifer Early vasgetrek,” het kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, gesê.

‘n Verbyganger het verlede week op die egpaar se Volvo afgekom waar dit langs die pad gestaan het. Die polisie het ondersoek ingestel en die bejaardes se lyke agter in die motor gevind.

Die Early-egpaar het in Woodgrange, Hibberdene gewoon. Hulle huis is glo ook deur die verdagtes geplunder.

Na bewering is die slagoffers in hul huis oorval, beroof en vermoor. Daarna is die egpaar se lyke in hul motor gelaai wat later langs die pad gelaat is.

“Die polisie het ook twee vuurwapens, waarvan een aan die slagoffers behoort het, in die verdagtes se besit gevind. Hulle het ook ses selfone in hulle besit gehad. Twee van die selfone het aan die Early-egpaar behoort.”

Verskeie ander besittings is ook tydens die klopjag in die mans se besit gevind.

Die verdagtes sal Maandag in Hibberdene in die landdroshof verskyn en staar aanklagte van moord en gewapende roof in die gesig.

Volg Nuus24 op Twitter.

 

- SAPA

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: misdaad  |  moorde  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Trading sê... Na Kuba vir die SWAKSTE standaard van mediese opleiding ter wêreld !! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2007
R 255,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

JEEP

Grand Cherokee Limited 4.0 4x4 AT MY99
1998
R 55,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.