Drie vas ná moord by moskee
2012-01-23 20:54
Johannesburg – Drie mense is in hegtenis geneem vir die moord op ‘n aanbidder buite ‘n moskee in Bayview, Durban, op 20 Januarie, het die polisie Maandag gesê.
Die aanbidder is doodgeskiet ná aandgebede buite die Iqbalia-moskee, het lt. kol. Vincent Mdunge gesê.
Hy het Sondag in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die polisie het twee van die aanvallers in Newlands gevind. Die derde persoon is in ‘n huis in die Ntuzuma-township in hegtenis geneem. Hy was in besit van ‘n 9mm-pistool.
Die drie mans, tussen die ouderdomme van 25 en 30, sal van moord aangekla word wanneer hulle Dinsdag in die Chatsworth-landdroshof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA