Drie vas ná kaping in Midrand
2010-07-06 00:53
Johannesburg – Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle daarvan verdink word dat hul Maandag ‘n motor in Midrand gekaap het, het die polisie in Gauteng gesê.
“Vier mans het glo die bestuurder van ‘n Toyota RunX bygedam en hom oor die kop geslaan met ‘n skerp voorwerp. Hulle het hom uit die motor gegooi en weggejaag,” het ao. Moses Maphekela, polisiewoordvoerder, gesê.
Die motor is in Bramley opgespoor en drie verdagtes, tussen die ouderdomme van 20 en 23, is by ‘n verkeerslig vasgetrek.
Een van die verdagtes kon daarin slaag om te ontsnap.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA