Drie vas ná hul paartjie in hul slaap vermoor
2011-12-29 13:19
Durban – Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle ‘n
paartjie in Tongaat vermoor en die paartjie se seun ernstig gewond het.
“’n Ses-en-twintigjarige man is Woensdagoggend
in Burbreeze, Tongaat, in verband met die saak in hegtenis geneem.
“Twee ander is later die middag vasgetrek,”
het kolonel Jay Naicker gesê.
Die polisie het ‘n mes, twee vuurwapens en
bloedbevlekte klere gevind toe hulle die 26-jarige man in hegtenis geneem het.
“Die sakeman Balaram Reddy (56) en sy vrou Maliga
Reddy (52) is 22 Desember in hul slaap doodgeskiet,” het kol. Jay Naicker
gesê.
Hul seun, Nivashin Reddy (27) het die aanvallers voorgekeer en is gevolglik in die
lae rug geskiet en verskeie kere gesteek.
Volgens die polisie het die drie gewapende mans by die huis ingebreek deur die agterdeur oop te forseer.
Ander familielede wat ook ten tyde van die
voorval in die huis was, is nie aangeval nie.
Die drie mans sal Vrydag in die
Tongaat-landroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA