Drie vas ná Meyerton-rooftog
2011-02-02 22:00
Johannesburg – Drie mans is Woensdag in Meyerton in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n klerewinkel beroof het, het die polisie bekend gemaak.
Volgens konst. Ntombikayise Ngcobo, polisiewoordvoerder, het vier rowers die Jet-klerewinkel omstreeks 10:30 binnegestorm en geld uit die tille gesteel.
“Die verdagtes, tussen die ouderdomme van 18 en 29, het ook kliënte binne die winkel van hulle juweliersware beroof,” het Ngcobo gesê.
Drie van die verdagtes is in hegtenis geneem. Die polisie is steeds op soek na die vierde.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA