Drie sterf ná taxi rol
2011-12-20 22:55
Kaapstad – Drie mense is dood en drie ander ernstig beseer nadat 'n taxi in Bloubergstrand gerol het, het paramedici in Kaapstad gesê.
Met paramedici se aankoms op die toneel het drie mense reeds weens hul beserings beswyk nadat hulle vermoedelik uit die taxi geslinger is, het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê.
Die ongeluk het op die Weskus-pad naby die Big Bay-afdraai plaasgevind en die drie mense is op die toneel dood verklaar.
Twee mense, wat kritieke beserings opgedoen het, is per helikopter na die Groote Schuur- en Tygerberg-hospitaal geneem.
Nóg vyf mense is in die ongeluk beseer, maar het ligte tot matige beserings opgedoen.
Berigte van twee kinders wat in die ongeluk was, is nie bevestig nie. Die kinders is glo deur 'n motoris, wat voor paramedici op die toneel opgedaag het, hospitaal toe geneem.
Geen ander voertuie was in die botsing betrokke nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA