Drie sterf in taxi-ongeluk
2012-01-31 19:46
Johannesburg – Drie mense is Dinsdag dood en vyf is kritiek beseer in ‘n ongeluk tydens spitsverkeer in Diepsloot, het die Johannesburgse nooddienste gesê.
Nege mense word ook vir ligte beserings behandel nadat twee taxi’s wat pendelaars omstreeks 16:00 ná werk huis toe geneem het, reg van voor teen mekaar gebots het in Summitweg, het Robert Mulaudzi, woordvoerder, gesê
Die ongeluk het tot ‘n verkeersknoop op die besige roete gelei.
Een van die beseerdes, ‘n kleuter, is per helikopter na die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal vervoer. Die ander beseerdes is na die Tembisa-hospitaal geneem.
Die drie oorledenes was twee vroue en ‘n man. Sewe ambulanse van Netcare, die Gautengse provinsiale ambulansdienste en die Stad Johannesburg was op die toneel.
Summitweg is gesluit. Nooddienste het motoriste aanbeveel om ander roetes te volg.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA