Drie sterf in skietery oor drank
2011-08-22 16:00
Kaapstad – Drie mense is dood in 'n skietery by 'n sjebeen in Belhar, Kaapstad, ná 'n stryery oor drank, het die polisie Maandag gesê.
Twee mans het Sondagaand by die Come Together Lounge ingestap toe die stryery, vermoedelik oor drank, ontstaan het.
Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê die motief vir die voorval is nie bekend nie.
Twee slagoffers is op die toneel dood en nóg 'n man het op pad na die hospitaal gesterf.
'n Vierde man, vermoedelik die eienaar van die sjebeen, is gewond.
"Die oorledenes het skietwonde aan die kop, borskas en bobeen opgedoen. 'n Saak van moord en poging tot moord word ondersoek," het Van Wyk gesê.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter