Drie sterf in skietery met polisie
2012-12-22 15:00
Johannesburg – Drie mans is in Durban in 'n skietgeveg met die polisie doodgeskiet, het KwaZulu-Natalse owerhede gesê.
Die polisiebeamptes was besig om die Malvern-gebied te patrolleer toe hulle Donderdagaand omstreeks 20:30 'n motor met vier passasiers en 'n Durbanse registrasienommer opgemerk het, het kol. Vincent Mdunge gesê.
"Hulle het die betrokke voertuig gevolg totdat dit die Umhlathuzana-nedersetting bereik het."
Die voertuig het gestop en die insittendes het toe op die polisie begin skiet.
Die drie mans wat doodgeskiet is was tussen die ouderdomme van 19 en 25. Mdunge het gesê een verdagte het weggehardloop.
Drie ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie is langs die verdagtes se liggame gevind.
Volg
Nuus24 op Twitter.
- SAPA