Drie sterf in botsing op R103
2011-10-14 20:04
Johannesburg – Drie mense is dood in ‘n
kop-teen-kop-botsing op die R103 in Vosloorus, het die Ekurhuleni metro-polisie
gesê.
Dit wil voorkom asof die bestuurder van ‘n
Toyota Hilux die afstand verkeerd geskat het toe hy ‘n ander motor probeer
verbysteek, het polisiewoordvoerder Kobeli Mokhesang in ‘n verklaring gesê.
Die Toyota het ‘n Mercedes Benz-vragmotor
tussen die Old Heidelberg- en Pelser-pad op die R103 getref.
Volgens Mokheseng is die drie mans in die Toyota,
tussen die ouderdom van 20 en 27 jaar, op slag dood.
Die vragmotorbestuurder het ligte beserings
opgedoen.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA