Drie sterf in Vereeniging-ongeluk
2012-02-05 20:53
Johannesburg – Drie mense is Sondag dood en drie ander is beseer toe hul motor teen ‘n wipbak-vragmotor gebots het op die R546 naby Vereeniging, het paramedici gesê.
Paramedici het op die toneel gevind dat twee vroue en die manlike bestuurder op die toneel gesterf het, het André Visser, woordvoerder van ER24, gesê.
Die drie oorlewende passasiers het verskeie beserings aan hul nekke en rûe opgedoen, sowel as kneusplekke. Hulle is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem, het Visser bygevoeg.
Die bestuurder van die vragmotor was ongedeerd.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA