Drie sterf in Limpopo-ongeluk
2011-07-09 14:03
Johannesburg – Drie mense is dood en vyf ander is beseer toe twee motors Saterdag in 'n botsing in Mankweng naby Polokwane betrokke was, het die polisie in Limpopo gesê.
'n Woordvoerder vir die polisie, Malan Nchabeleng, het gesê die ongeluk het op die Houtbosdorp-pad naby die Universiteit van Limpopo plaasgevind.
"'n Toyota Run-X was besig om 'n motor verby te steek toe dit teen 'n aankomende motor reg van voor gebots het," het hy gesê.
Die polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA