Drie sterf in Krugersdorp-ongeluk
2012-01-16 12:40
Johannesburg – Drie mense is vroeg Maandagoggend dood toe hul taxi ‘n vragmotor in Krugersdorp getref het, het paramedici gesê.
Die minibus en die vragmotor het glo terselfdertyd die Pine Haven-kruising in Hendrik Potgieter-rylaan oorgesteek, het Jeffrey Wicks, ‘n woordvoerder vir Netcare 911, in ‘n verklaring gesê.
Hy sê die taxibestuurder het beheer oor die voertuig verloor voordat dit omgeslaan het.
Toe paramedici by die toneel opgedaag het, was drie volwassenes reeds dood. Vyf mense het ernstige beserings opgedoen en is na ‘n hospitaal geneem.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA