Drie sterf in Kroonstad-ongeluk
2011-12-03 14:03
Bloemfontein – Drie mans is dood en 'n vrou is beseer in 'n trompop-botsing Saterdagoggend naby Kroonstad in die Vrystaat, het paramedici gesê.
'n VW Polo en 'n dubbelkajuit-bakkie het gebots toe een van die voertuie in die pad van aankomende verkeer beland het, het Vanessa Jackson, ER24-woordvoerder gesê.
Twee mans in die Polo is op die toneel dood verklaar. 'n Ander man was in die wrak vasgekeer en is dood terwyl paramedici probeer het om hom te resussiteer het, het Jackson gesê.
'n Vrou in die Hilux-bakkie is met beserings aan haar bene en 'n gebreukte heup na die hospitaal geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA