Drie steeds in hospitaal ná veldbrand

2011-08-31 08:13
Tweets Share Share line Print

Welkom – ’n Week ná die verwoestende veldbrande in die Noord-Vrystaat waarin ’n Welkomse gesin ernstig beseer is, word die ouma, ma en seuntjie steeds in die hospitaal behandel.

Dokters was teen Dinsdag nog baie bekommerd oor die toestand van Christina Claassens (67), wat steeds in die hoësorgafdeling van die brandeenheid in die Pelonomi-hospitaal behandel word.

Sy, haar dogter, Carina (41), en kleinseun, Adriaan (6), is verlede week op die pad naby Vredefort deur hewige veldbrande oorval. Hulle het probeer wegjaag, maar die motorbande het begin smelt en hulle het toe te voet probeer vlug.

Hulle het elk sowat 40% eerste- en tweedegraadse brandwonde opgedoen, en skade aan hul lugweë weens rookinaseming.

Claassens se ander dogter, Wilma Coetzer van Bloemfontein, het Dinsdag aan Volksblad gesê dokters was die afgelope naweek baie bekommerd oor haar ma nadat sy ’n terugslag gehad het.

Dit gaan beter met haar suster en susterskind. Klein Adriaan word egter steeds in die intensiewesorgeenheid van die hospitaal behandel en Carina word in dieselfde saal as haar ma behandel.

Die familie het reeds ’n fonds gestig om die gesin op hul moeilike pad na herstel te help. Die Claassens bedryf hul eie klein onderneming vanaf hul huis in Welkom. Die onderneming staan nou stil, hulle is sonder inkomste en die familie maak hulle reg vir ’n lang en moeilike pad na herstel.

Die veldbrande in die Vrystaat het die afgelope week reeds een lewe geëis. Talle mense is beseer, duisende stuks vee doodgebrand en honderdduisende hektare weiveld vernietig.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: brande  |  veldbrande

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Trading sê... Na Kuba vir die SWAKSTE standaard van mediese opleiding ter wêreld !! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.