Drie soldate sterf in ongeluk
2011-05-26 21:48
Johannesburg - Drie soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is Donderdag dood toe ‘n kombi op die N1-snelweg in Mookgophong, Limpopo, omgekeer het, het die polisie gesê.
Ses van hul kollegas is beseer en twee ander is ongedeerd, het lt. kol. Mohale Ramatseba gesê.
“Voorlopige ondersoeke word uitgevoer. ‘n Gebarste band is vermoedelik die oorsaak van die ongeluk.”
Die SANW-kombi het van Pretoria na Makhado gereis, met 11 soldate aan boord.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA