Drie mans verkrag, beroof vrou (65)
2011-07-13 14:50
Oos-Kaap – Drie mans het na bewering 'n 65-jarige vrou in haar huis naby Mthatha in die Oos-Kaap beroof en verkrag, het die polisie Woensdag gesê.
Die vrou was alleen tuis toe drie mans omstreeks 20:00 Dinsdagaand haar deur afgeskop het, het lt. kol. Mzukisi Fatyela gesê.
"Hulle het vuurwapens op die vrou gerig voor hulle haar beurtelings verkrag het. Die mans het haar van R1 000 kontant, wat deel van haar pensioentoelaag was, beroof het."
Fatyela het gesê 'n 23-jarige man is 'n paar uur later in hegtenis geneem.
Die man sal na verwagting Vrydag in die Dalisile periodieke hof verskyn.
"Die twee ander verdagtes is nog soek, maar hulle sal binnekort in hegtenis geneem word."
Die vrou is na 'n plek van veiligheid geneem waar sy berading ontvang.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA