Drie mans vas vir moord
2011-12-02 20:03
Bloemfontein – Twee mans is op aanklagte van moord in
hegtenis geneem ná die polisie die liggaam van ‘n 13-jarige meisie in ‘n kanaal
in Meloding, Vrystaat, gevind het.
Polisiebeampte Malebo Khosana sê die twee mans
is Donderdag in Virginia in hegtenis geneem.
Die polisie is in kennis gestel dat drie mans
hulself aan die polisie wou oorgee.
“Die polisie het die twee mans, beide 21 jaar
oud in hegtenis geneem, maar die derde verdagte het weggehardloop,” het Khosana
gesê.
Volgens Khosana het die drie verdagtes die
13-jarige Motlalepule Lekhoaba en haar kêrel lastig geval terwyl die twee langs
die pad gestaan en gesels het.
Hulle het daarop aangedring dat die paartjie
hulle selfone oorhandig.
Lekhoaba en haar kêrel het egter gesê hulle
het nie selfone nie waarna die drie verdagtes hul messe uitgehaal het en gedreig
het om hulle te steek.
Die kêrel het weggehardloop en die drie
verdagtes het die meisie na ‘n oop veld geneem en haar verkrag.
Hulle het haar in die kanaal gegooi toe hulle
besef dat sy een van die verdagtes ken.
Die mans sal Maandag in die Virginia
landroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA