Drie mans se lyke in dam gevind
2011-11-20 20:00
Johannesburg – Drie mans se lyke is Sondag in ‘n dam by die President Brand-myn naby Welkom in die Vrystaat gevind, het paramedici gesê.
Die mans se lyke is omstreeks 10:00 deur sekerheidswagte in die dam gevind, het Andre Visser, woordvoerder van ER24, gesê.
Paramedici het om 11:10 op die toneel aangekom. Polisieduikers het die lyke reeds uit die dam gehaal en die mans is op die toneel dood verklaar.
Volgens Visser blyk dit of die lyke al ‘n geruime tyd in die dam was en dat verdrinking die oorsaak van hul dood is.
Die polisie ondersoek die saak.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA