Drie mans deur gemeenskap doodgeslaan
2011-06-04 15:00
Johannesburg – Drie mans is Saterdag doodgeslaan en ‘n ander een is beseer deur woedende gemeenskapslede in Flagstaff, het polisie in die Oos-Kaap gesê.
Volgens kapt. Mduduzi Godlwana was daar ‘n vlaag van inbrake in Flagstaff en die gemeenskap het geglo die vier mans, wat tussen die ouderdomme van 20 en 25 is, is daarvoor verantwoordelik.
“Die gemeenskap het hulle na ‘n sokkerveld geneem waar hulle ondervra is,” het hy gesê.
Die gemeenskapslede het die mans met stokke geslaan en drie van hulle is dood.
Godlwana het gesê die vierde verdagte is in polisie-anhouding.
‘n Saak van moord is geopen, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA