Drie lyke in die Oos Kaap gevind
2011-09-30 20:03
Kaapstad – Die lyke van drie mans tussen die ouderdom van
42 en 45 is Vrydagoggend naby
Butterworth in die Oos Kaap gevind, het die polisie gesê.
Al drie mans is skynbaar doodgeskiet, het
polisiebeampte Sibongile Soci gesê.
Daar is egter geen koeëldoppe op die toneel
gevind nie.
“Die omstandighede en redes wat tot die moord
van die drie mans gelei het is nog nie bekend nie,” het Soci gesê.
Polisiebeampte Celiwe Binta het gesê die saak
sal aan die Valke oorhandig word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA