Drie kinders sterf in brand
2010-11-27 19:30
Johannesburg – Drie kinders, waaronder ‘n nege maande oue baba het Saterdag in Botshabelo doodgebrand, het die Vrystaatse polisie gesê.
Volgens konst. Nomene Mokoale het die voorval gebeur toe die kinders se ma hulle alleen in hul plakkershut gelaat het.
‘n Negejarige seun, ‘n vierjarige meisie en hul nege maande oue babasussie het in die brand omgekom.
“Die 27-jarige ma het glo haar drie kinders in die plakkershut toegesluit en na ‘n nagwaak gegaan,”
Inwoners het rook uit die brandende hut sien kom en het die polisie daarvan in kennis gestel.
Met die brandweer se aankoms op die toneel was die kinders reeds dood, het Mokoale gesê.
Daar word vermoed dat die brand dalk deur ‘n brandende kers veroorsaak is.
Die kinders se ma is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA