Drie kinders brand dood in huis
2011-10-16 19:55
Johannesburg – Drie kinders, onderskeidelik twee, vier en ses jaar oud, het doodgebrand in ‘n brand in die Nyanga-township buite Kaapstad, het die polisie in die Wes-Kaap Sondag gesê.
Die huis waarin hulle saam met hul 82-jarige ouma geslaap het, het Saterdagnag aan die brand geslaan, het lt. kol. André Traut gesê.
Brandbestryders het die brand geblus en die oorskot van die kinders gevind.
Volgens Traut het die vrou ongedeerd ontsnap, maar is die huis heeltemal verwoes.
Die oorsaak van die brand is nie bekend nie en sal ondersoek word, het hy gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA