Drie in hof oor bedrog van miljoene
2011-10-04 15:38
Johannesburg – Drie voormalige werknemers van die departement van arbeid, wat daarvan beskuldig word dat hulle die vergoedingsfonds uit R3,8 miljoen bedrieg het, verskyn Dinsdag in die gespesialiseerde hof vir handelsmisdaad in Pretoria.
Maxwell Ramaphosa, Samuel Mfeleng en Jurry Sehunoe staan tereg op 22 aanklagte van bedrog en 28 aanklagte van geldwassery.
Die mans het na bewering die persoonlike besonderhede van eisers verander en die geld in ander rekeninge inbetaal.
Hulle is uit op borgtog van R3 000 elk.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA