Drie in hof ná moord op meisie (13)
2011-12-05 16:03
Bloemfontein – Drie mans sal na verwagting Maandag in die Virginia-landdroshof verskyn in verband met die verkragting en moord van 'n 13-jarige meisie, het die polisie in die Vrystaat gesê.
Ao. Malebo Khosana het het gesê die derde verdagte is Saterdag in hegtenis geneem.
Die polisie het 'n wenk van plaaslike inwoners ontvang dat die derde man na wie hulle soek in die dorp se V1 Seksie woon.
"Die verdagte na wie die polisie gesoek het, was die 19-jarige broer van een van die twee mans wat reeds in hegtenis geneem is. Die 19-jarige man is in hegtenis geneem toe hy 'n skrootwerf in die gebied verlaat," het Khosana gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA