Drie in Kaapstad vasgetrek oor perlemoen
2011-11-19 14:38
Kaapstad – Drie mans is in Blackheath, Kaapstad, hegtenis geneem nadat 1 758 ongeskulpte perlemoen in hul besit gevind is, het die polisie in die Wes-Kaap Saterdag gesê.
Ao. November Filander, polisiewoordvoerder, het gesê die mans is Vrydag in hegtenis geneem nadat die blitspatrollie 'n wenk ontvang en die bakkie deursoek het.
Die voertuig is buite die perseel van 'n vervoermaatskappy afgetrek en het 10 sakke met 1 497 ongeskulpte perlemoen gevind.
Die 39-jarige bestuurder van die voertuig is in hegtenis geneem.
Die polisie het toe die perseel besoek en 261 eenhede perlemoen is in die besit van twee Zimbabwiese mans gevind. Hulle is ook in hegtenis geneem.
Die mans sal na verwagting Maandag in die Kuilsrivier-landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA