Drie glo gewond in skietery by Kaapse hof
2011-09-28 14:54
Kaapstad – Drie mense is vermoedelik gewond in 'n gepoogde ontsnapping by die Wynberg-landdroshof in Kaapstad.
'n Gevangene het glo 'n polisieman se dienspistool gegryp, waarna 'n skietgeveg ontstaan het.
Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig, maar kon nie sê hoeveel mense gewond is nie.
"Ek is op pad na die toneel en sal later verdere besonderhede bekendmaak."
Geen verdere besonderhede is beskikbaar nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24